|
|
N e t b a l
Ons by Simon van der Stel glo aan die spreekwoord wat sê: “ ’n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.”
Alle dogters neem aan netbal deel, aangesien ons sport op ons gewone akademiese rooster ingepas word.
Die skool se meisiegetalle is net bo 80, ‘n handjievol, gemeet aan die buurskole waarvan 5 slegs meisieskole is, soos Wynberg Girls, Herschel, Rustenburg, Greenfields en Micklefield, waarteen ons meeding. Ons vaar glad nie sleg in die liga nie.
Ons bied elke jaar ook ‘n sportdag op die eerste Saterdag in September aan, waar ons buurskole, teen wie ons nie in die liga deelneem nie, uitnooi. Hier word wonderlike vriendskapsbande gesmee.
Ons liga-wedstryde vind op Woensdagmiddae plaas.
|
Adres: Waterloo Green, Wynberg, 7800 Telefoon: (021) 762-2234 Faks: (021) 797-1978 Epos: admin@svdstel.co.za |