Laerskool Simon van der Stel

Waar elke kind belangrik is

Home
Geskiedenis
Etos en Strewe
Uit die Kantoor
Akademie
Kultuur
Avontuurklub
Marike de Klerk
Atletiek
Krieket
Netbal
Rugby
Skaak
Swem
Tennis
Toutrek
Nuusbrief
Nasorg
Beheerliggaam
Ouerkomitee
Kontak Ons
Skooldrag
Toelatingsvorm

 

 

Geskiedenis van die skool

 

Die skool is in Augustus 1928 deur sowat tien ouers en mnr. J.D. Fick gestig.  Daar was besluit dat leerders vanaf Januarie 1930 in die beplande Afrikaans-mediumskool in Wynberg opgeneem word.

 

Die Masonic-saal in Pierweg en die NG Kerksaal was as eerste akkommodasie gehuur.  Mnr. Fick as hoof en twee onderwyseresse begin die skool in Januarie 1930 met 90 leerders.

 

Constantia, die plaas van goewerneur Simon van der Stel, is in die onmiddellike omgewing van Wynberg geleŽ, gevolglik is op 'n komitee- vergadering die gepaste naam "Simon van der Stel" voorgestel vir die nuwe skool.  Die naam is goedgekeur en bevestig onder die datum 4 Junie 1930.

 

Die eerste skoolkomitee se taak was om 'n geskikte terrein vir die skoolgebou te vind.  Hulle verneem dat Waterloo Green, 'n stuk grond wat aan die Verdedigingsmag behoort, moontlik in die mark sal kom en verwittig die Departement van Onderwys.  Die grond was teen die einde van 1931 vir R 2,500 gekoop.  Die groot sinkhuis, Waterloo Hut, wat destyds die woonhuis van Kolonel Wakefield was, en reeds tydens die 2de Vryheidsoorlog opgerig was, is so verander, dat sewe klasse aan die begin van 1932 daar kon intrek.

 

Na vele onderhandeling is in 1933 besluit om 'n pragtige nuwe skoolgebou op te rig teen £700.85 of te wel teen R 14,200.84.  Dit het bestaan uit 6 klaskamers, 'n houtwerkkamer, 'n pakkamer, 'n kantoor en aparte kleedkamers vir seuns en dogters.  Die seuns en dogters het afsonderlike ingange en is in reliŽf aangeteken - Jongetjies en Meisies. In 1948 is die leuse en wapen ontwerp.

 

Die leuse en lewe "Waarheid Wen" is vandag nog die trots van Simon van der Stel.  Met sy huidige leerdertal van oor die 200 leerders is Laerskool Simon van der Stel steeds die enigste Afrikaans-medium laerskool in Wynberg.

 

 Adres:    Waterloo Green, Wynberg, 7800

Telefoon:    (021)  762-2234

Faks:    (021)  797-1978

Epos:    admin@svdstel.co.za